News

Gesaag en laat staan

Die Steve Tshwete Munisipaliteit is besig om skoon te maak langs die Klein Olifantsrivier waar die Werk vir Water-spanne ou bloekombome neergevel het.

Verskeie inwoners het hul kommer uitgespreek oor die “gemors” langs die Klein Olifantsrivier nadat die uitheemse bome eers voor die voet geringbas is en die afgelope tyd afgesaag is. Mense het ook gekla oor die veiligheid, aangesien daar nie borde aangebring is om te wys dat hulle die bome afsaag nie.

Me. Daleen Lamprecht (parkehoof) het hierdie week gesê dat die Werk vir Water-span weg is en dat die stadsraad besig is om skoon te maak.

Met die Observer se besoek Woensdagmiddag by die rivier, was daar spanne besig om die stompe wat oral rondgelê het op te saag.

• Daar was ‘n klagte dat daar ‘n groot stomp in die pad lê wat ‘n gevaar vir motoriste is. Die stomp was egter Woensdag reeds van die padoppervlak verwyder en opgesaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button