News

‘Daar sit my broer’

Rassie Botha is ’n jarelange dwelmslaaf wat nie net sy besigheid nie, maar ook sy kind as gevolg daarvan verloor het.

Sy broer Wessel het na verlede week se berig, die Middelburg Observer genader.

“Dit is die aakligste ding. Jy kry ’n koerantberig en daar sit jou broer en jy kan niks doen om hom te help nie.”

Rassie mag nie fisiese kontak met Wessel hê nie omdat sy kind in sy broer se sorg geplaas is.

“Dis ’n vreeslike hartseer storie. Dit het jare terug in Vanderbijlpark begin met heroin. Rassie is een van die beste auto electricians wat ek ken. En ek sê dit nie net omdat ek sy broer is nie.”

Rassie het alles wat hy en sy gesin gehad het verloor.

Hy en sy vrou Janetta was verslaaf aan heroïen. Wessel het hulle gaan haal en Middelburg toe gebring.

“Ek het vir hom ’n werk gereël en hulle gehelp om weer op hulle voete te kom. Dit het vir ’n rukkie goed gegaan. Toe raak Rassie-hulle weg.”

Iemand het maande na hul verdwyning vir Wessel gevra of hy ’n broer het. Die persoon het vertel dat daar ’n boemelaar in eMalahleni is wat baie na hom lyk.

Wessel het sy broer en Janetta weer gaan haal. Hy het gaan mooi praat en Rassie het sy werk teruggekry. Tot ses maande terug. Toe is Rassie en Janetta weer weg.

Hulle het vir ’n ruk by die Kibbutz net buite die dorp gebly. ’n Oproep daarvandaan het Wessel ingelig dat die polisie laat kom is om hulle uit te sit.

Kort daarna is Janetta gearresteer in besit van dagga en Methamphetamien. Sy is tans in aanhouding in eMalahleni.

Na die koerantberig het Wessel gereël dat iemand in Middelburg vir sy broer gaan brandstof ingooi en vir hom iets te ete vat.

“Ek het vir hom die nommer van iemand gestuur wat hom kan help om met ’n hofbevel na ’n rehab toe te gaan. Ek het nog nie weer iets van hom gehoor nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button