News
Vrou dood in skietongeluk
Mnr. Hennie Kruger sê “ek kan met die grootste vrymoedigheid sê dat Daleen nie depressief of siek was nie. Ek weet in my hart dat sy nie selfmoord gepleeg het nie. Dit was ’n blote skietongeluk.”
Mnr. Kruger het die geestelike mannekamp by Bambi (Laeveld) bygewoon en het nog Saterdagaand omstreeks 17:30 met sy vrou gesels.
Later die aand het sy ook met een van haar kinders gepraat en gesê dat sy bang is om so alleen in die huis te slaap en dat sy die pistool gaan uithaal en by haar hou.
“Ek glo sy het iets gehoor en die pistool het per ongeluk afgegaan.”
Mnr. Kruger het sy vrou beskryf as “’n baie goeie vrou, ma en ouma.” Die egpaar was bykans 33 jaar getroud.
Me. Kruger word oorleef deur haar man, twee seuns en ’n dogter en agt kleinkinders.
Die begrafnis is Saterdag om 08:30 uit die NG Kerk op Hendrina.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
