News

R10 milj. vir 10 minute

Mnr. Johann Malan was 'n multi miljoenêr...totdat die bank hulle fout agtergekom het.

Mnr. Malan vertel dat hy ‘n Sondagoggend gou geld gaan trek het om te kyk hoeveel geld nog in sy rekening is. Toe hy die sms van die bank af kry ná die transaksie, was sy saldo: R99997892.46! Dit beteken dat hy R10 milj. in sy rekening gehad het!

Mnr. Malan sê hy het dadelik die tolvrye nommer van die bank gebel en ook huistoe gejaag om te kyk of dit werklik so is. Hy het egter gesukkel om by sy rekening in te kom.

“Ek het aanvanlik gedink dit is dalk erfgeld van ‘n meenthuis wat verkoop is na my ouma se dood. Maar ek het dadelik besef dit is heeltemal te veel geld. Aan die ander kant het ek bly geraak omdat ek ‘n familielid sou kon help met mediese onkostes.”

Sy geluk was van korte duur, want kort daarna het dié reuse saldo net weer van sy rekening af verdwyn.

Mnr. Malan was egter baie bekommerd. Hy het dadelik begin navraag doen by Nedbank. Hy het die bestuurder van Nedbank, mnr. Jaco Kotze, gebel wat hom meegedeel het dat hy nie die enigste persoon was wat dit oorgekom het nie.

“Daar is gesê dat dit op dieselfde dag met 64 mense gebeur het. Dit beteken dat daar weens die “tegniese fout” R640 milj. in verskillende rekeninge inbetaal is!

“Hoe het dit gebeur? Hoe het die geld in my rekening beland? Kan iemand dalk inhack op my rekening? Moet ek my rekening verander?”

Mnr. Malan het dieselfde vrae vir die bank gevra, maar tot op hede het hy nog geen terugvoer gekry nie.

“Ek wil tog net weet hoe het dit gebeur! Niemand het verskoning gevra nie, maar die dag toe my salaris inbetaal is, was hulle gou om die R2 000 weer terug te vat!”

•Hy het tot op “Hallo Peter”, ‘n Internet webblad waar ‘n mens klagtes kan plaas, ‘n klagte gesit, maar nie eers met dit het die bank tot op hede vir hom ‘n verduideliking verskaf nie.

• Mnr. Jaco Kotze (bestuurder, Nedbank in die Sentrale Sakegebied) was weens ‘n bestuursvergadering nie beskikbaar vir kommentaar nie.

 
Back to top button