News

Armes kry weer klere

Altesaam 85 mense kon verlede maand vir klere gaan uitsoek weens die baie skenkings wat by me. Mandy Pretorius se huis opdaag.

Me. Pretorius het ‘n paar maande gelede begin om klere, komberse en ander broodnodige artikels bymekaar te maak vir minderbevoorregtes.

Min het sy geweet hoe groot die behoefte in die gemeenskap is!

Aan die begin (in Februariemaand) het sowat 26 mense gekom om klere te gaan haal, maar tydens die uitdeeldag op 17 April was daar 85!

Weens skenkings kon sy vir elkeen ‘n lekker beker warm sop en broodjies gee.

Me. Pretorius behoort nie aan ‘n organisasie nie en het net hierdie “uitdeel”-dae begin om minderbevoorregtes te help.

Aanvanklik was dit net klere, maar sy het gou besef dat die mense baie méér benodig.

Veral nou tydens die Wintertyd is daar ‘n groot nood vir komberse, truie en warm baadjies.

Hierdie maand se gratis uitdeeldag is op 15 Mei, vanaf 11:00, by haar huis in Jeppestraat 58B.

Sy het opgewonde gesê dat iemand geskenkies geborg het vir al die mammas, sodat hulle ook behoorlik Moedersdag kan vier.

Persone wat nog skenkings wil maak, kan me. Pretorius bel by 083 591 0011.

• Mense wat klerasie gaan haal, moet net onthou om hul eie sakke saam te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button