News

Werkers gooi vullis in pad

Munisipale werkers het Woensdagoggend die vullis uit ’n groot industriële vullishouer op die pad in Eksteenstraat uitgegooi omdat daar ook bourommel tussenin was.

Me. Hester Joubert sê sy kon haar oë nie glo toe sy sien wat hulle doen nie.

Die werkers was besig met vullisverwydering en het gestop langs die vullishouer.

Hulle het alles wat in die houer was op die pad omgekeer en weer in die voertuig geklim om te ry.

Een van die mense in die omgewing het hulle gekonfronteer, waarop hulle na een van die geboue in Eksteenstraat beduie het en gemeld het dat die persoon R1 500 moet betaal sodat hulle sy bourommel kan verwyder.

“Daar was net ’n paar stukkies plafonborde tussen die vullis. Die res was alles gewone vullis in die houer. Hoe kan hulle dit net so in die straat uitgooi?” het sy vies gesê.

Sy het ook gewys na die muur langs Van Blerkpark, op die hoeke van Eksteen- en OR Tambostraat en die stormwater-uitlope in dieselfde omgewing.

’n Groot hoop gemors het agter die muur gestaan en die stormwater-uitlope was geblok met vullis.

“Ek word gereeld deur die gesondheidsdepartement besoek om seker te maak my kafee is skoon en netjies. Maar kyk hoe lyk dit in die omgewing!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Check Also
Close
Back to top button