News

Dogter aangerand

Nasionale blaaie skreeu dit uit oor die "Springs Monster" en mense wat geweet het van sy wandade, maar niks wou doen nie, en hier sit sy met trane op haar wange, want dieselfde gebeur hier en "niemand doen iets daaraan nie!"

Haar kind word verniel deur ‘n dominerende man en vele Middelburgers weet daarvan, sê die middeljarige vrou terwyl sy verleë na ‘n sneesdoekie soek om haar trane af te vee. (Sy het gevra dat haar naam weerhou word).

“Mense dink hierdie dinge gebeur net in ander dorpe, maar dit gebeur hier tussen ons en nou ook met my kind. Wanneer gaan hy te ver gaan? Wanneer is my kind ook net ‘n slagoffer van ‘n monster in ‘n koerantartikel?”

Volgens die vrou is haar dogter verloof aan ‘n bekende sakeman in die dorp. As dinge goed gaan, “dan dra hy haar op die hande”, maar as hy geïrriteerd of moeg is, moet haar dogter “deurloop.”

Sy vertel skokkende gebeure waar haar kind aangerand, rondgestamp en onder sy vuiste deurgeloop het. Elke keer maak hy verskoning met leë beloftes en geskenke en gaan sy net weer terug.

“As ek as ma iets wil doen, dan kom pleit sy by my om nie ‘n saak te maak nie! En daar is dreigemente dat ek haar nooit weer sal sien as ons ingryp nie. Ons weet nie meer wát om te doen nie!”

Sy vertel dat die paartjie in ‘n meenthuiskompleks in die dorp bly en dat baie van die inwoners wéét hoe hy haar dogter aanrand. “Selfs van hul vriende weet wat aangaan en het het al gesien hoe hy haar verniel, maar verkies om anderpad te kyk.”

As ma het sy nie meer antwoorde nie, maar het sy pleitend gesê-vra: “Asseblief, as jy weet ‘n vrou word aangerand, gaan maak ‘n saak, of as jy die krag het, gee hom dan ‘n paar klappe! Maar moet dit asseblief nie meer toelaat of anderpand kyk nie!”

•Om kommentaar te lewer oor dié berig sms die woord slaan na 37940 en daarna jou kommentaar. ‘n Sms kos R1.50.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button