News

Talle wrakke op Sabbat

Rusdag is verseker jaagdag vir spoedvrate in en om Middelburg na 'n string botsings wat Sondag 29 Junie 2014 plaasgevind het na 'n stil naweek.

Vyf mense, waaronder ‘n baba, is Sondagmore 29 Junie 2014 omstreeks 03:10 beseer toe hul motor op die hoeke van Walter Sisulu- en Proteastraat, die middelman getref en gerol het.

Die polisie sê dat al vyf insittendes van die voertuig met ernstige beserings in die staatshopsitaal opgeneem is.

‘n Saak van roekeloos en nalatige bestuur is teen die bestuurder oopgemaak.

• Om 13:30 en weer om 18:30, het die bestuurders van twee motors ook onderskeidelik op die Groblersdalpad beheer verloor en die pad verlaat.

Niemand is in dié geringe botsings beseer nie.

• Om 18:50 is die polisie weer uitgeroep na Mandelastraat in Gholfsig waar die bestuurder van ‘n wit bakkie beheer oor die voertuig verloor het.

Met die polisie se aankoms op die toneel is ‘n erg beseerde passasier, mnr. Freeman Sithole, in die bakkie gevind, maar die drywer en nog ‘n passasier was skoonveld.

Een van die beseerdes word ambulans toe begelei nadat die motor waarin hy was, Sondag net voor 19:00 op die Loskopdampad gerol het. FOTO: Daleen Naude.
Een van die beseerdes word ambulans toe begelei nadat die motor waarin hy was, Sondag net voor 19:00 op die Loskopdampad gerol het. FOTO: Daleen Naude.

“Ons vermoed die drywer het weggehardloop na die botsing,” het kaptein Khanyisile Zwane Maandag gesê en bygelas dat hulle steeds na die drywer en passasier wat gevlug het, soek.

• Kort na die Mandelastraat botsing is die polisie weer na buite die dorp se grense op die Stoffbergpad uitgeroep waar ‘n Toyota Hilux met vyf insittendes ook gerol het.

Volgens kaptein Zwane is drie insittendes ernstig beseer terwyl twee vir geringe beserings behandel is.

Dié botsing het kort voor 20:00 plaasgevind.

• ‘n Geringe botsing is ook op die N4 aangemeld waar ‘n motor gerol het, hoewel die polisie sê geen inligting oor dié ongeluk beskikbaar is nie omdat niemand ernstig beseer is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button