News

Die groot swart wolk

Die groot swart wolk oor die dorp is veroorsaak deur vervoerbande wat aan die brand geraak het in die Industriële gebied.

Die Observer het letterlik hordes oproepe gekry van besorgde inwoners oor die geweldige swart rookwolk wat tot sover as in Kanonkop gesien is.

Volgens mnr. Riaan Venter (bestuurder en hoofbemarker van E & A Belt Sales in Minolotostraat) het die brand onstaan by een van die aangrensende erwe. “Ons weet nog nie of dit ‘n veldbrand was en of dit brandstigting was nie,” het mnr. Venter gesê.

Hy het gemeld dat hulle op hierdie stadium die skade al op meer as R500 000 raam.

Hy is tans in Rustenburg en sê hy was nog nie self by hul opslagplek om te kyk wat die skade is nie.

• E & A Belts Sales het vervoerband-stoorplekke regoor die land en doen verkope tot sover as die Karoo.

Mnr. Venter sê hulle koop die vervoerbande by myne aan en verkoop dit dan weer veral aan boere en ander besighede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button