Tieners misgis hulle met stinkolie
Twee tieners moes in die hospitaal behandel word nadat hulle vermoedelik deur 'n olieboom vergiftig is wat hulle as dwelmmiddel wou gebruik.
Die tieners, wie se identiteite nie bekend is nie, se ouers is ook nie bewus van hul noue ontkoming nie.
‘n Olieboom of stinkolie word deur die boek CRC World Dictionary of Medicinal and Poisonous Plants as ‘n giftige plant met wit of lig-pers blomme, ‘n bruin-pers stam en sterk reuk beskryf.
Dit is glo in die ou dae gebruik vir asma asook om sere te behandel en het al verskeie vergiftigings en sterftes onder mense veroorsaak.
Wikipedia bespiegel dat die plant moontlik van Suid Amerika afkomstig is.
Dit kom egter nou wêreldwyd voor.
Die plant is deur Indiane gebruik om hallusinasies aan te wakker.
Die gevaar in die plant lê dat indien daar ‘n fraksie meer as die medisinale dosis ingeneem word, dit baie giftig is.
Dit kan ook lei tot kranksinnigheid.
Hoekom die tieners besluit het om met die plant te eksprimenteer is nie duidelik nie.
