News

Man se liggaam reeds oorsee

Die identiteit van die man wat dood is op die Bethalpad naby die Mall, is die week deur die polisie bekendgemaak.

Mnr. Henrico Julio Moxlanga is dood toe hy omstreeks 10:30 deur ‘n trok getref is.

Hy is opslag dood en van sy liggaamsdele is met die impak van die botsing afgeruk.

Daar is na die tyd bespiegel dat die voetganger in ‘n tref-en-trap botsing oorlede is maar dis onwaar.

Die drywer van die trok het op die toneel gestop en die voorval is ook by die polisie aangemeld.

‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

• ‘n Navraagdossier is geopen na die sterfte van ‘n plaaslike Indiërman in eMalahleni Hospitaal verlede Donderdag.

Mnr. Gurbid Singh is in die hospitaal dood, na die bakkie waarin hy, en drie passasiers onderweg was na Middelburg vanaf Pretoria, duskant Bronkhorstspruit gerol het.

Mnr. Singh is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem, waar hy kort na die ongeluk om 18:30 beswyk het.

Mnr. Singh (39) se familie sê hulle vermoed die bakkie was verkeerd gelaai, en het in die ry omgeslaan.

“Drie passasiers is met geringe beserings in die eMalahleni Hospitaal opgeneem en almal is reeds ontslaan,” het ‘n familielid Maandag anoniem aan die Observer bevestig.

Die polisie het egter ‘n interessante kinkel oor die voorval met die Observer gedeel.

Volgens kaptein Khanyisile Zwane is die botsing nooit by die polisie gerapporteer nie en familielede van die oorledene het self na die ongelukstoneel gehaas en die beseerdes hospitaal toe vervoer.

“Die passasiers, almal buitelanders, kan nie opgespoor word vir verklarings nie want hulle is almal reeds terug oorsee, saam met mnr. Singh se liggaam,” het sy bevestig.

Sy sê die familie sê hulle het nie gedink dis nodig om die ongeluk aan te meld nie, omdat geen andere voertuie betrokke was nie.

• Sprake dat ‘n man ook dood is op die brug in Cowen Ntulistraat naby die Aloe Ridge woonstelle doodgery is, kon nie deur die polisie bevestig word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button