News
Opvolg: Wreedaards steeds vry
Die aanvallers wat verantwoordelik was vir die genadelose aanranding van 'n 97-jarige inwoner op Hendrina, is steeds op vrye voet.
Stirie Sckeurkogel is twee Vrydae terug in sy huis oorval. Sy aanvallers het sy kakebeen op verskeie plekke gebreek, vermoedelik met ‘n skuifsleutel.
Hulle is onderbreek toe mnr. Sckeurkogel se dogter in Gauteng alarm gemaak het nadat sy hom nie op die foon in die hande kon kry nie.
In die huis is daar op ‘n strykyster, wat uit sy bêreplek gehaal is en reeds by die muur ingeprop was, afgekom.
Daar word vermoed dat die boosdoeners beplan het om mnr. Sckeurkogel daarmee te brand. Mnr. Sckeurkogel het by sy dogter in Krugersdorp aangesterk na die aanval.
Hy sal hom nou perma-nent by haar ves-tig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
