News

VIDEO: Lang wag is verby CravenWeek is hier!

Cravenweek het Maandag 14 Julie 2014 amptelik afgeskop met 'n hoendervleis vertolking van die volkslied deur die Mpumalanga jeugkoor.

HTS se pawiljoene was stampvol om 14:30 met die amptelike opening van die week, waarna ‘n naelbyt wedstryd tussen die Pumas en WP gespeel is.

Die Pumas het met een punt verloor met ‘n eindtelling van 32-33 in die WP se guns.

Die wedstryd het egter almal se vermoedens bevestig, dit gaan ‘n week van opwinding wees!

Mpumalanga rugby president, mnr. Hein Mentz, verwelkom die land by die Cravenweek se amptelike opening Maandag.
Mpumalanga rugby president, mnr. Hein Mentz, verwelkom die land by die Cravenweek se amptelike opening Maandag.

Die president van die Mpumalanga Rugby-unie, mnr. Hein Mentz, was eerste aan die woord en het gaste verwelkom in die provinsie waar die son opkom, en die weer het beslis saamgespeel.

Hy het die seuns aangepor om met waagmoed en geloof te speel en hulle daarop gewys dat hulle gebore is vir prestasie en derhalwe gekies is om hul talente ten toon te kom stel in die belangrikste byeenkoms vir skole rugbyspelers in Suid-Afrika.

Na mnr. Mentz het die bemarkingsbestuurder van Coca Cola, mnr. Mpetsi Mbele, die seuns goed laat verstaan dat hulle dié week teen die land se beste spelers te staan gaan kom, maar dat hulle hulself ook onder die bestes kan tel.

SuperSport saai al die Cravenweek aksie regstreeks uit. Naas die duisende toeskouers, is Middelburg ook nou oortrek van die land se top sportjoernaliste en fotograwe.
SuperSport saai al die Cravenweek aksie regstreeks uit. Naas die duisende toeskouers, is Middelburg ook nou oortrek van die land se top sportjoernaliste en fotograwe.

Hy het hulle aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak om hul rugbytalent aan die nasie ten toon te stel omdat alle wedstryde regstreeks op die SuperSport kanaal uitgesaai word.

Hy het Coca Cola se volgehoue ondersteuning van die jeug benadruk en mnr. Jurie Roux, uitvoerende hoof van die SA Rugby Unie se woorde dat, “die geleentheid gebruik moet word om blywende vriende te maak en eindelaaste pret op die veld te hê,” ge-eggo.

Mnr. Thys Bezuidenhout, voorsitter van SA Skole Rugby, het die seuns aangemoedig om nie net ambassadeurs vir hul unies te wees nie, maar ook hul ouers trots moet maak.

“Die ouers wat hier sit het ‘n lewenslange verbintenis gesmee met hul seuns se sportideale, wees dankbaar,” het hy die seuns gemaan.

Die Mpumalanga jeugkoor het 'n hoendervleis vertolking van die volkslied gelewer tydens die Cravenweek opening Maandag. Hier geniet die koor ook hulle oomblik in die kollig met Supersport se kamera op hulle.
Die Mpumalanga jeugkoor het ‘n hoendervleis vertolking van die volkslied gelewer tydens die Cravenweek opening Maandag. Hier geniet die koor ook hulle oomblik in die kollig met Supersport se kamera op hulle.

Hy het die lof ook toegeswaai aan die onderwysers en skole wat alles insit om hul rugbyseuns se talente te help brei.

Die burgemeester, mnr. Mike Masina, het weereens ‘n kort en kragtige verwelkoming aan die Suider-Afrikaanse rugbygemeenskap gerig.

Hy het verder die hoop uitgespreek dat hy in die nabye toekoms van die spelers in Groen en Goud sal sien, omdat honderde Cravenweekspelers reeds dié eer te beurt geval het.

Mpumalanga jeugkoor:

Mnr. Roux het in afsluiting die seuns herinner dat HTS dié week wemel van talentsoekers en dat die pad na ‘n blink toekoms vir hulle oop is.

“SA rugby is sterk omdat ons skole strukture in plek is,” het hy gesê voordat hy die Cravenweek amptelik oop verklaar en toe teruggestaan het vir die rateltaai wedstryd tussen die Pumas en WP wat maar net ‘n voorsmakie was van dit wat die week voorlê.

Spanne van so ver as Namibië en Zimbabwe is die week in Middelburg verwelkom vir die Cravenweek rugby skouspel.
Spanne van so ver as Namibië en Zimbabwe is die week in Middelburg verwelkom vir die Cravenweek rugby skouspel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button