News

Aardbewing tot op Middelburg gevoel

Die aardbewing wat die land laat bewe het, is tot op Middelburg gevoel.

Mnr. Andre Potgieter, van Aerorand, was die eerste wat gebel het om te sê hy het die aardbewing gevoel.

“Ek het in die huis gesit toe ek die beweging voel, my deur wat oopgestaan het, het ook beweeg, dit was net so voor half een,” het hy gesê.

Dit blyk dat die bewing hoofsaaklik na die Suide van die dorp gevoel is, want inwoners van Uitbreiding 24 het ook laat weet “dat hulle die aarde voel beweeg het”.

Daar was egter ook inwoners van Mhluzi, na die Ooste, wat trillings rapporteer het.

Die Observer assistent redakteur, Daleen Naude, se dogter, Danelle, het kort na die aardbewing benoud uit Potchefstroom laat weet hoegroot die aardbewing hulle laat skrik het.

Potchefstroom is nie ver van Orkney af nie waar die bewing se epiesentrum was.

Volgens nuusflitse het die bewing 5.3 op die Richterskaal geregistreer en is dit sover as Umhlanga Rocks gevoel.

Lesers het soos volg reageer:

Jones Maridili Selaki: Another earth tremor. Did you feel. Ext. 24 for a few seconds. Was real!

Mpule Paulina: Haibo!!

Peter Nkosi: awa angizwanga ngapha e24

Jones Maridili Selaki: Yep!

Yolande Stapelberg: I’ve got friends in Pretoria telling me the same thing! Omw!

Marné Groenewald: Apparently in Klerksdorp walls tumbled and in Potch windows were blown out… an earthquake of 5.3 on the scale.

Jones Maridili Selaki: 5.3! That’s a huge one!

Antoinette Ferreira Pieterse: You’ll get a lot of tremors with a 5.3.

aard

Elsa Smit: This one was heavy, people felt it so far as Mozambique.

Susan Otten: Wie het die aardbewing ook nou gevoel?

Christelle Du Plessis: Me!

Maraai Els: Myne wat skiet mense.

Susan Otten: Definitief ’n aardbewing, nie ’n myn.

Marina Fick: Nope tot Centurion se mense praat van hulle het iets gevoel

Adri Botha: Het ook gevoel.

Hettie Ruthven: Mag ek sê ek het nou ’n paar aarskudding boodskappe ontvang van Pretoria, Viljoenskroon asook Johannesburg… glo nie dit hou verband met mekaar nie, maar dit is baie toevallig dat almal in ’n bestek van twee minute deurgekom het!

Quinten Grobler: Hatfield het dit ook gevoel

Lizanne Lombard: Is in Delmas ook gevoel.

Susan Otten: Hettie ek het al baie skuddings belewe en beslis was dit een.

Ek het met my skoonsuster in Rustenburg gepraat en vir haar gesê toe dit begin skud het.

Paar sekondes daarna kry sy sms van haar dogter in Welkom dat daar ’n groot skudding was.

Aangesien ons van daar is, kan ek dit glo. Was in graad 11 toe woonstelblok daar inmekaar geval het.
Christelle Du Plessis: In die Middelburg industriële gebied het dit ook gevoel

Hettie Ruthven: Regtig Susan, dit moes verskriklik gewees het, hier op die plaas 25km buite Middelburg het ek niks gevoel nie.

Lisa de Castro: Dit was die snaaksste gevoel.

Scharl Muller: Jip by Duvha gevoel

Santie Potgieter: Dit het gevoel of iemand my tafel probeer skud.

Wendy Wessels: In Bronkhorstspruit ook gevoel

Alida Badenhorst: Ek het gevoel iets gaan aan, maar ek dog dis die myn. My bank het so weird beweging gemaak.

Mandy Herrington: Ja dit het ’n hele rukkie aangehou

Sarie Steenkamp Erasmus: Dit het vir ’n paar sekondes op Hendrina aangehou.

Given Badman Maubane: Ek het geskrik nou!

Pieter Goosen: Ai daar val my bier ook toe om.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button