News

#geeREG

Die bedelaars by verkeersligte wat die dorp in rep en roer het met hulle omstrede boodskappe, is niemand anders as vrywilligers en personeellede van Solidariteit Helpende Hand nie.

Solidariteit Helpende Hand het ’n landwye veldtog geloods om die publiek aan te moedig om “op die regte manier” te gee.

“Ons wil die wanindruk wat in die dorp oor bedelaars bestaan vir eens en vir altyd uitwis. Die organisasie gaan deur
sy #geeREG-veldtog van 18- 20 April 2016 die dringende boodskap van ‘reg gee’ aan die publiek kommunikeer,” sê me. Mariëtte Stapelberg, ondervoorsitter van Helpende Hand se Middelburg-tak.

Helpende Hand het ’n kwalitatiewe studie onder gerehabiliteerde dwelmverslaafdes gedoen en glo dat skenkings eerder aan betroubare instellings gemaak moet word en doen ’n beroep op die publiek om nie geld aan bedelaars te gee nie.

“Wanneer die publiek geld aan bedelaars op straat gee, verkeer mense onder die indruk dat die geld vir lewensmiddele soos voedsel en kleding aangewend gaan word. Min mense besef egter die skade wat hulle aanrig deur geld vir bedelaars te gee want dit word meestal vir dwelmmisbruik aangewend,” sê Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand.

Bewusmaking gaan op 35 dorpe en in stede geskep word oor die projek met omstrede slagspreuke soos ‘jou geld hou my al agt jaar op straat’.

Hierdie enorme projek gaan hand aan hand met die bekendstelling van die dokumentêr Bedwelmd wat op 21 April by die Atterbury Teater in Pretoria bekendgestel gaan word.

“Die dokumentêr bevat gesprekke met gerehabiliteerde dwelmverslaafdes en hul geliefdes wat dié tragedie tot in die kyker se sitkamer bring. Dit is daarop gemik om mense bewus te maak van die gevare wanneer hulle onnadenkend geld aan bedelaars gee.”

Die dokumentêr sal Donderdag na afloop van die bekendstelling gratis beskikbaar wees op die internet en besoek gerus www.geereg.co.za om dit te sien.

Vir enige navrae kontak Carin by 072 106 5231.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button