Boetes nie munisipaliteit se skuld
Motoriste is omgekrap omdat boetes gehef is op motors se lisensiekywe wat verval het, maar nie hernieu kon word nie, weens 'n papiertekort in die lisensiekantore.

Dié boetes is egter elektronies op die nasionale Enatis-sisteem (Electronic National Traffic Information System), op dag tot dag basis na verstryking van die 21-grasietydperk, op die sisteem gevoeg, waaroor die munisipaliteit geen beheer het nie.
Op dié sisteem word ongeveer 600 000 transaksies ‘n dag ingevoer, en daar word sommige maande tot 13 miljoen transaksies op die sisteem gedoen.
Munisipaliteite landwyd is aan dié sisteem gekoppel.
Die munisipaliteit bestuur bloot transaksies namens die provinsiale Sekuriteitsdepartement, en het geen beheer oor die nasionale sisteem nie.
Verkeersboetes wat egter gedurende die papiertekort uitgereik is vir vervalle lisensieskywe sal egter nie uitgevoer word deur die hof nie, het ‘n senior aanklaer aan die Observer bevestig.
Motoriste wat kan bewys dat hulle gepoog het om hul lisensies te hernieu gedurende die papiertekort, moet eers vertoë rig aan die munisipaliteit, en indien die uitslag nie na wense is nie, die hof nader vir kwytskelding.
Volgens die munisipale veiligheidshoof, me. Pamela Mkosi, is die probleem met die provinsie uitgeklaar, en het derduisende velle sigwaarde papier in dose, verlede week vanuit Nelspruit in Middelburg aangekom.
Volgens die provinsiale woordvoerder van die departement, mnr. Joseph Mabuza, raak munisipaliteite soms agter met betalings aan die provinsie.
“Ons ooreenkoms met munisipaliteite is om transaksies namens die provinsie te bestuur, waarvoor hulle 20% van die inkomste ontvang en die oorblywende 80% aan die provinsie oorbetaal moet word,” verduidelik hy.
“Munisipaliteite raak egter soms agter met betalings, en tref nie reëlings met die provinsie nie, in dié geval neem ons aan hulle het genoeg papier,” sê mnr. Mabuza.
Die munisipaliteit het egter wel reëlings getref, en die probleem is iets van die verlede.
Lees verwante stories hier:
Video: Pay fines. or pay consequence
Video: Pepper spray, threats, as traffic officers go on strike
