News

Opvolg: Slagoffer van Laeveld

Die vrou wat Verlede Donderdag opslag dood is toe 'n trok haar op die sy op die Vandyksdrift-koppelaar getref het, is Maandag uitgeken as me. Annarie Human van Nelspruit.

Sy was onderweg na Pretoria vir haar dogter, Melinda, se 21ste verjaardag wat sy Saterdag gevier het.

“My ma sou oorslaap by ‘n vriend in eMalahleni, maar het nooit daar opgedaag nie,” het Melinda Woensdag bedroef gesê.

Die botsing het omstreeks 21:30 plaasgevind.

Daar was ‘n 19-jarige passasier wat me. Human na die partytjie vergesel het, maar sy was reeds hospitaal toe geneem toe die Middelburg Observer by die toneel opdaag.

Die meisie, wie se identiteit nie aan die koerant bekendgemaak is nie, is Woensdag uit die Life Midmed Hospital ontslaan.

“My verjaardag was ‘n droewige affêre, my ma was my beste vriend,” sê Melinda.

Me. Human word Vrydag vanuit die AGS Oasis gemeente in Reynorif, eMalahleni, ter ruste gelê.

Naas Melinda laat sy haar ander dogter, Jean-Mari, agter.

Die meisies bly saam in Pretoria.

Lees vorige berig hier:

Woman dies in collision

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button