Bewerings van trurat-ongeluk
'n Vrou beweer dat 'n man in trurat in haar vasgejaag het. Me. Trudie Espach beweer dat mnr. Constantine Panayotides in trurat in haar vasgery en haar gevloek het toe sy hom konfronteer.
Sy het aan die onderkant van Hoërskool Middelburg gestop om haar kind op te laai en het besluit om om te draai in die parkeerarea agter Geen & Richards.
Me. Espach sê ‘n wit bakkie het voor haar gestaan en sy het aangeneem die persoon gaan ook uit die parkeerarea uitdraai. Die volgende oomblik het die voertuig egter in trurat in haar vasgejaag.
Sy en die bestuurder van die bakkie het beide uitgeklim en ‘n argument het ontstaan. “Hy het my geweldig in Engels gevloek en gesê ek mag nie daar stop nie, want dit is privaat eiendom. Hy het ook aanmekaar met sy hand op my voertuig se bak met sy plathand geslaan terwyl hy geskel het. ”
Haar seun, Wickus (19) het alles gesien. “Ek wou nie uitklim nie, want doen ek iets, dan kla hulle my aan!” sê hy.
Me. Espach was verstom toe die bestuurder van die bakkie in sy voertuig klim en wegjaag.
Sowat ‘n halfuur later het hulle die bakkie opgespoor by Constantia Hotel en mnr. Panayotides gekonfronteer.
“Hy het dit aanvanklik ontken, maar later erken dat hy in my vasgery het. Daar is nie erge skade aan my voertuig nie, maar hy het nie reg gehad om my te vloek nie. Daar is géén borde wat aandui dat dit privaat eiendom is nie!”
• Mnr. Panayotides sê hy het sowat ‘n tree van die vrou af gestop, om met haar te praat omdat sy op privaat eiendom is. Hy ontken dat hy in haar vasgery het.
Lees verwante stories hier:
Al draai dit in konstitusionele hof
Send a message to us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!

