Video: Drie motorfietse in twee dae
Binne twee dae is drie motorfietse in die omgewing gesteel. Die eerste twee motorfietse is Maandag kort voor 06:00 by die Beukes gesin in Clubville gesteel (berig elders).
Die derde motorfiets is Woensdag in die vroeë oggendure gesteel by die Elandspruit plotte.
Volgens me. Elize Pohl het die groep duidelik geweet waar die CCTV kameras is en het dit probeer ontduik. Hulle word wel soms deur die kameralens gevang en die gesin kon agterkom dat daar ten minste drie diewe was.
Daar is ‘n paar huise op die perseel, maar dit het nie die diewe afgeskrik nie. Hulle het doodluiters palissade heinings gebreek en slotte oopgebreek om by die Pohl’s se motorhuis uit te kom.
Daarna het hulle die rooi motorfiets, ‘n 600cc Yamaha Fazer (VKP847GP), kragopwekker en ‘n stel gholfstokke gebuit. Die gholfstokke is later buite die palissade heining gevind.
Me. Pohl het gemeld dat dit die tweede motorfiets binne slegs sewe maande is wat van hulle gesteel is. Hul ander motorfiets, ‘n Suzuki, is by hul vorige woning in Aerorand gesteel.
• As iemand dalk inligting het oor waar die motorfiets kan wees, bel me. Pohl by 084 498 2027
Read verwante stories hier:
R5000 beloning vir motorfietse
