Hannelie in Bedwelmd dokumentêr
Hannelie Wessels, een van Middelburg se verlore dwelmkinders waaroor daar al telkemale berig is, verskyn in Solidariteit/Helpende Hand se dokumentêr oor dwelmverslawing wat eersdaags in Pretoria by die Atterbury Teater, bekend gestel sal word.
Helpende Hand het hierdie week die kwessie van bedelaars op straat op ‘n kreatiewe manier aangespreek deurdat hul lede hulself as bedelaars voorgedoen het, met boodskappe op karton geskryf, wat gemik was om die publiek twee maal te laat dink oor wat presies met hul skenkings gedoen word.
Die #geeREG veldtog poog om mense bewus te maak dat selfs ‘n goed bedoelde geldjie dalk die oorsaak kan wees dat iemand op straat bly, eerder as om gehelp te word.
‘n Studie deur Helpende Hand het bevind dat soveel as 90% van bedelaars verslaafdes is, wat met die hulp van daaglikse aalmoese hul verslawing onderhou.
Lees verwante stories hier:
Bedwelmd wat op 21 April by die Atterbury Teater in Pretoria bekendgestel gaan word.
Hannelie het na die video onderhoud, weggeloop uit die rehabilitasie sentrum waar sy was. Sy is intussen weer opgespoor en word tans by ‘n ander sentrum behandel.

