News

Gestremde man in binnehof toegesluit

'n Jong gestremde man word bedags toegesluit in die binnehof van 'n meenthuiskompleks in Beyers Naudestraat, terwyl sy ma gimnasium toe gaan.

Inwoners wat “onnatuurlike geluide” gehoor het, het gesien hoe die man in die son sit met bottels water, speelgoed, kos en klein hondjies as geselskap.

Die Observer en die polisie is gebel om ondersoek in te stel.

Die polisie het aan die huis se deur gaan klop, maar toe niemand oopmaak nie, in hul voertuig geklim en gery.

“Ek het die geluide gehoor, maar nooit besef dit is hy nie,” sê ‘n inwoner.

Woensdag het die persoon wéér die geluide gehoor en op ‘n stoeltjie geklim “om uit nuuskierigheid te kyk watter tipe dier die geluide maak”.

Met ‘n blou kombersie op die kaal sement, tussen ‘n klomp hondjies het die man rondgestaan en gesit. Sy dors het hy geles met die bottels water wat op die grond gestaan het.

“Hy was al ‘n slag op die kompleks se dak en dit is hoe ek weet hy is gestremd. Maar hoe kan sy ma vroeg in die oggende hom daar agter toesluit en vertrek?”

Woensdag was die hy vir sowat vyf ure alleen in die binnehof.

•Sy ma, Veronica van Eeden (55), sê sy het niks om weg te steek nie. Haar seun se naam is Abé, hy is 28 jaar oud en verstandelik gestremd.

“Ek mishandel nie my kind nie. Ek sit hom daar vir sy eie veiligheid.”

Abé draai aanmekaar om sy ma en steek kort-kort sy duim in die lug.

Me. Van Eeden se eksman (wat op dieselfde perseel bly) kan nie na Abé omsien nie, want hyself is meeste van die tyd in die bed. Hy is gediagnoseer met Huntington’s sindroom (‘n genetiese siekte met elemente van Alzheimers, Dimensie en Parkinson’s).

Sy het twee loseerdervroue wat beide skofte werk en, volgens me. Van Eeden, het hulle ‘n ogie gehou oor Abé as sy iewers heengaan.

Me. Van Eeden verduidelik dat sy die huis se deure gewoonlik oopgelos het dat Abé in en uit die huis kon gaan na die binnehof. Hulle het egter die afgelope tyd agtergekom dat hy die stoof aan en af sit en ook lol met ander elektriese toerusting.

Sy kon hom nie meer alleen in die huis toelaat nie, omdat sy bang is hy kry seer.

Die afgelope twee weke het haar loseerders se skofte ook begin oorvleuel en moes sy noodgedwonge die besluit neem om Abé soms alleen in die binnehof toe te sluit.

“Ons het nie vervoer nie, so ek en my ander seun loop gimnasium toe en terug. Ek oefen om soepel te bly, want ons familie het ernstige probleme met osteoporose en artritis. Wanneer ons tuiskom, sluit ek dadelik weer die deur oop vir Abé.”

Daar is vir haar uitgewys dat daar nie ‘n stoel of badkamer in die binnehof vir Abé is nie. Abé hou egter nie van ‘n stoel nie en gaan sit sommer tydens die onderhoud ook op die vloer. “Abé gaan nie baie badkamer toe nie,” is die badkamer-probleem verduidelik.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button