News
Video: Koue krokodil in rivier
’n Plat hond het hom weer tuisgemaak in die Klein Olifantsrivier, maar wat mnr. Reptiel nie weet nie, is die winter is hier!
Dis verseker nie ’n goeie tyd vir ’n krokodil om nou se dae in die kil waters rond te swem nie.
Mnr. Chris Coetzee sê hy het die krokodil een oggend op pad werk toe gesien.
“Dit was maar ’n kleintjie, niks soos dié bielie nie,” het Chris opgemerk in die Middelburg Observer redaksiekantoor Woensdag, toe ’n video wat in Oktober 2012 by die Meijersbrug geskiet is van ’n krokodil, vir hom gewys is.
Sedert 2010 was daar pal gerugte van krokodille in die Klein Olifants.
Middelburg Observer joernaliste het vir weke op die rivieroewer by Lover’s Corner uitgekamp, hopende dat die krokodil wat daar gewaar is, sy opwagting sou maak.
Hy het nooit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
