NewsUpdate

Opvolg: Polisieman word ondersoek

Die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) is besig om die bewerings wat vroue teen kapt. Awie Geldenhuys gemaak het, te ondersoek.

Mnr. Robbie Raburabu (mediawoordvoerder, OPOD) het bevestig dat hul departement die bewerings ondersoek.

Die ondersoek spruit voort uit bewerings van seksuele aard wat vroue gemaak het. Die vroue het die koerant genader nadat ‘n foto van ‘n 19-jarige meisie verskyn het wat op ‘n sypaadjie gekry is op 18 Februarie vanjaar.

Sy het die vorige aand by Amazon’s Restaurant gekuier saam met onder andere kapt. Geldenhuys.

Hy het aangebied om haar huistoe te vat. Die meisie het later vir haar ouers vertel dat hy ‘n ent gery het, by ‘n huis gestop en ‘n vrou vir haar ‘n pilletjie gegee het.

Van kort daarna af kon sy niks onthou nie en is drie ure later op ‘n sypaadjie voor ‘n huis gekry deur ‘n fietsryer.

Kapt. Geldenhuys het na die voorval gesê dat hy gedink het haar ouers bly nog daar en dat sy self uit sy voertuig geklim en aangestap het na die huis toe.

Die meisie se ouers bly egter al meer as twee jaar nie meer daar nie. Daar was ook vraagtekens of sy self uit die voertuig kon geklim het, want kapt. Geldenhuys het haar uit die restaurant gedra (videomateriaal bevestig dit) en sy kan nie onthou wat gebeur het, sedert sy die pilletjie gedrink het nie.

Nadat sy die bewering gemaak het, het verskeie vroue van regoor die land na vore gekom met bewerings van seksuele aard.

Die meeste van die vroue het beweer dat hul drankies gedokter was en het dat kapt. Geldenhuys vir hulle ‘n pilletjie gegee het en hulle “daarna niks kon onthou nie.” Baie sê hulle het nie klagtes aanhangig gemaak nie, omdat hulle “bang was hulle word nie geglo nie” en omdat hulle gedink het dat hulle “die enigste slagoffers was“.

Kapt. Geldenhuys is in 2011 aangekla na beweerde voorvalle, waarvan een verkragting, en het in die hof verskyn. Hy is later departementeel skuldig bevind op die klagtes, maar is twee jaar later, tydens die arbitrasiesaak, weer heraangestel en het in eMalahleni begin werk.

• Sedert die bewerings aan die lig gekom het, is kapt. Geldenhuys verskeie kere genader vir kommentaar.

Dinsdag is hy wéér gevra of hy kommentaar wil lewer oor die aantygings.

Hy het geweier en gesê: “ek stel nie belang om kommentaar te lewer nie. Baie mense se lewens is hierdeur vernietig. Die skade is gedoen!”

Lees vorige stories hier:

(Opvolg) Video: Vroue praat oor polisie kaptein

Kaptein het meisie afgelaai

Video: Ondersoek na meisie langs pad

Vrou langs pad gekry

Send a message to us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button