News

Slang op Bok se plaas gevang

Mnr. Arthur Roden het Woensdag ’n yslike luislang van 3,65m op die plaas van die oud Springbok rugbyspeler, Jaco van der Westhuyzen, gevang.

Mnr. Van der Westhuyzen het mnr. Roden gekontak nadat hy die luislang op sy plaas, net buite Marble Hall, opgemerk het.

Hy het mnr. Roden gevra om die slang te vang, aangesien hy bang was sy swart Impala’s word luislangkos.

Mnr. Roden het die slang later by Bush Fellows Loge vrygelaat.

Mnr. Arthur Roden en die monster van ’n luislang van 3,65 m wat hy op ’n plaas net buite Marble Hall gevang het.
Mnr. Arthur Roden en die monster van ’n luislang van 3,65 m wat hy op ’n plaas net buite Marble Hall gevang het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button