Video: Jan-Hendrik terug in Frankryk
"Dit was 'n great trip!" Só beskryf Suid-Afrika se eerste en enigste wenner van 'n Michelin-ster, Jan-Hendrik van der Westhuizen, sy besoek aan Suid-Afrika.

Jan-Hendrik het sy nuwe kookboek, JAN, my Franse kosverhaal, in sy tuisland kom bekendstel en dié boek het soos soetkoek verkoop.
“Die boek is uitverkoop en ons is besig om dit vir ‘n tweede keer te druk. Dit is ongelooflik!”
Sy boek is ook as die beste nie-fiksie verkoper in Suid-Afrika aangewys.
“Dit is lekker om terug te wees by die restaurant, maar genade ek mis my land al klaar so baie! Daar is nou baie Suid-Afrikaners wat by JAN in Nice kom draai en dit voel amper of ons weer tuis is!”
Jan-Hendrik sê dat dit wonderlik is om te sien hoe niks ons Suid-Afrikaanse mense terughou nie.
“Suid-Afrika is on a roll! Ons land se mense gaan steeds aan en doen amazing dinge. Ons raak nooit agter die tyd nie.”
Terwyl Jan-Hendrik in die land was, was hy omtrent besig met talle radio- en TV-programme – van Kwêla tot Top Billing en RSG – en is ook te sien in die bekende doen-dit-self-guru, Suzelle DIY, se die nuutste episode waar hulle twee ‘n piesang en gesoute karamel springmielie-smoothie maak.
“Suzelle is skreeusnaaks!”
Vir nou is Jan-Hendrik weer hard aan die werk by sy restaurant in die vreemde, maar Suid-Afrika bly in sy bloed.
“Ek mis al klaar my melktert en Karoo-tjoppies!”
• Gaan na www.mobserver.co.za om die video van Jan-Hendrik en Suzelle DIY te sien.
• Besoek gerus sy webblaaie by www.janhendrik.com en www.restaurantjan.com of volg hom op Facebook: JAN
HENDRIK of op Instagram: JANHENDRIK2016.
