News

Inwoners beleef ramp in Kanada

'n Egpaar van Middelburg beleef saam met die Kanadese een van die grootste natuurrampe in die Kanadese geskiedenis met 'n brand wat al meer as 'n week woed in Fort McMurray (in die Kanadese provinsie, Alberta).

Al is hulle etlike kilometers van die ergste gevaar af, beleef mnr. en me. Nico en Lettie van der Walt (van Middelburg) die tragedie saam met hul familie.

Die egpaar kuier die afgelope paar dae by hul dogter, Maricha en haar man, Lodewyk, in Kanada.

Per WhatsApp het sy Vrydag dié boodskappe gestuur:

• Die mense verloor alles! Bid asseblief vir reën en troos.

• Dit is vreeslik. Dit is duisende en duisende mense wat ontwrig is. Julle moes die uittog verkeer gesien het! Die naaste groot stad hier by ons is Edmonton.

• Daar is 88 000 mense waarvan so 80 000 hierheen kom. Maricha-hulle se kerk het aangebied om van die mense te huisves.

• Sy (Maricha) gaan klomp handdoeke, kos en beddegoed kerk toe vat. Vrouens met klein kindertjies was tot 17 uur op die pad. Daar is nie eintlik ander groot dorpe langs die pad wat sulke duisende mense kan hanteer nie. Die verkeer is nag op daai pad. My hart gaan so uit na die arme verslae mense.

• Dit brand nog steeds. Baie groot tragedie. Dit word koeler, maar die reën sal eers Sondag of Maandag kom.

• Die weermag het nou tenklorries vol brandstof langs die pad, want die mense se brandstof raak op as hulle so lank op die pad is.

• Ek is so jammer vir die wilde diere en ook vir die kein kindertjies. Die mens wat kan, laai ook hulle huisdiere op. Die plaasdiere kan niks aan gedoen word nie.

• Verseker het die Here ‘n doel met alles!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button