Video: En so begin die Classic Clash met optogte deur die strate…
Nee dit is nie EFF wat die dorp rooi geverf het nie, nee, dit is ook nie die boere wat ’n groendag hou nie.

Dit is die Classic Clash en die gees hang tasbaar in die lug.
Die jaarlikse Classic Clash is dié week op almal se lippe en Hoërskole Middelburg en HTS Middelburg het soos altyd deur die dorp se strate gespog met hulle optogte.
Van motorfietse tot trekkers is ingespan om die atmosfeer tot kookpunt te kry.
Die kwik gaan natuurlik tot in die rooi styg op die rugbyveld van HTS Middelburg net so na 14:00, wanneer die bal afgeskop word, vir die groot derby.
Oudleerlinge het reeds in hulle duisende op die dorp toegesak en hou elkeen hulle eie partytjie.
Die Middelburg Observer het bladsye vol interessante inligting oor die wedstryde hierdie week gepubliseer.
Moet dit nie misloop nie.
www.mobserver.co.za joernaliste gaan van vroegdag af by die velde wees, om lesers op hoogte te hou van die aksie met videos en foto’s.






















