News

Opvolg: Verslag wys skokkende wonde

Alhoewel haar doodsertifikaat gewys het dat Bets Claassen aan natuurlike oorsake gesterf het, sê haar lykskouingsverslag hoe ernstig haar bedsere was.

Dr. Molefe Kolodi (Forensiese Mediese Beampte van die Mpumalanga Departement van Gesondheid) het in sy lykskouingverslag bepaal dat me. Claassen dood is aan septisemie en komplikasies wat gepaard gaan met langdurige hospitalisasie.

Me. Claassen se seun. Sankus Smit, het die verslag aan die Observer beskikbaar gestel en hartseer gesê “dat my ma ‘n geweldige pynlike dood gesterf het. Ons kan dit nie hier los nie.”

Die waarheid bly die waarheid

In dr. Kolodi se verslag kom daar skokkende feite na vore, wat insluit:

• Dat daar geen tekens van onlangse mediese ingryping was (voor haar dood) nie.

• Nat gangreen en oop ulkus (druksere).

• “Weefsel is gekwyn en disintegreer in ‘n septiese pulp”.

• Die septisemie het ook na die gebreekte heup en die oop gangreen bedseer versprei en die fraktuur is 80mmx70mm.

Sy verslag maak melding van die druksere in haar hoër rug, op haar maag, arms en bene, asook vel wat afkom en droë gangreen oor haar hakke.

Lees vorige en verwante stories hier:

Opvolg: Bets – die statige ouma skou

Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good’

Vrou se bedsere vrot

Vrou deurtrek van bedsere

Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button