News

Vermiste man gevind

Die inwoner van Bethal wat verlede week vermis geraak het, is Vrydag opgespoor.

Volgens sy vrou, Sarina, was mnr. Chris Smith Saterdagoggend, 7 Mei 2016 op pad na Polokwane vanuit Bethal met sy Honda ST1300 motorfiets.

Sy het niks van hom gehoor nie en het die polisie, ambulanse en hospitale gekontak, maar niemand het hom gesien nie.

Mnr. Smith was egter nooit op pad na Polokwane nie en mev. Smith sê sy weet nie waarom hy haar laat weet het dat hy Polokwane toe gaan as hy nie daarheen op pad was nie.

“Ek het Vrydag van hom gehoor en hy was nooit weg nie. Hy was saam met sy familie in die wildtuin. Ek weet nie waarom het hy vir my gejok nie.”

Mev. Smith sê haar man is nou in Durban saam met sy familie.

Hy bly sedert Maart 2016 by sy suster Madelein en swaer Buks in Bethal.

Lees verwante stories hier:

Missing person

Man from Nasaret Missing

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button