News

‘Sal die duif die hof verlaat!’

"Sal die duif die hof verlaat!" Tydens 'n stemmige poging tot moord saak het twee "amoreuse duiwe" Maandag vir groot konsternasie in die streekhof gesorg.

Landdros Andreas Masteroudes het nie ‘n kans gestaan teen die twee verliefdes nie…wat besluit het wanneer dit paartyd is, is dit paartyd.

Die vere het behoorlik gewaai! Elke keer wanneer landdros Masteroudes ‘n vraag gevra het, het die duiwe laag oor hofgangers se koppe gevlieg en begin met hulle “bedrywighede” in die venster agter die landdros se kop.

Hy het die tweetjies se gekoer so vyf keer verdra.

Skielik vlieg die streng landdros op: “Meneer die aanklaer, verwyder asseblief die duiwe uit my hof uit!”

Aanklaer Derik Rowles het daad by die woord gevoeg, maar die tweetjies sit ongestoord doer bo langs die venstertjies en koer dat hoor en sien vergaan.

Hy pluk die vensters in een draai-aksie oop, maar die duifies roer nie!

Die advokaat vir die verdediging, adv. Denton Goodford, sit die petalje verstom en aanstaar.

Teen hierdie tyd kan beskuldigde, Annemarie Mulder, dit ook nie meer hou nie: Sy vlieg op, gryp haar geborduurde kussing en gooi die naaste duif dat die vere waai. Duif se kind vergeet heeltemal van sy “geliefde” en vlieg vervaard by die venster uit.

“Staan in die hof!” roep die hofordonnans – die gelag en geproes word vinnig weggesluk.

Vir ‘n rukkie is daar stilte, maar nou is die twee duiwe in die plafon. Na aanleiding van die geskrop en gekoer bokant ons koppe, kan jy net raai wat aan die gebeur is.

En net voor dit weer stil raak, fladder ‘n duifveertjie deur die lugversorging na onder…en land bo-op landdros Masteroudes se kop…

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button