News

Koevoetman betrap

Terwyl twee booswigte besig was om slotte by die toilette langs die Klein Olifantsrivier met ’n koevoet oop te breek, is hulle op heterdaad betrap.

Mnr. Jacques van Niekerk (lid van Zello 911) sê hy het Maandagmiddag hekmotors reggemaak by ’n meenthuiskompleks in Walter Sisulustraat en was omstreeks 16:00 op pad huistoe.

Naby die Klein Olifantsrivier in John Magagulastraat het hy twee mans by die toiletgeboue langs die rivier opgemerk.

Hy het gesien dat hulle besig is om met ’n koevoet die veiligheidshek en slot probeer breek om toegang tot die gebou te kry. “Ek het besef dat hulle besig is om in te breek om na alle waarskynlikheid koperpype te steel.”

Mnr. Van Niekerk het per radio vir bystand gevra, aangesien hy nie alleen beide sou kon vastrek nie.

’n Sekuriteitspersoon van Triton Security (wat ook lid is van die groep) was eerste op die toneel en die twee verdagtes is gekonfronteer. Hulle het egter omgespring en in verskillende rigtings begin hardloop.

Mnr. Van Niekerk sê een van die verdagtes het hulle ontglip, maar die sekuriteitswag van Triton het die een, wat die koevoet gebruik het, in OR Tambostraat vasgetrek.

• Die koevoet is nie gevind nie, want die verdagte het dit iewers langs die pad weggegooi, terwyl hy gevlug het.

• Die verdagte, ’n 20-jarige inwoner van Somapepa, het nie in die hof verskyn nie, aangesien die saak nie op die rol geplaas is nie.

Lees nog stories hier:

Koevoetbende slaan toe

Koevoetbende vat kar

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button