News

Gly by Woolies gaan hom kos

'n Inwoner wat in Desember 2013 so hard in Woolworths by die Oaks-sentrum gegly en geval het, dat haar stuitjie gebreek is en die pasaangeër in haar hart geskuif het, het Vrydag 'n reuse oorwinning vir Jan Alleman in die Pretoriase Hooggeregshof behaal.

Me. Danalina Margaretha Croukamp, (64), vlootbestuurder van die Mhluzi polisiestasie, moes kort na die val weer deur die trauma van ‘n opehartoperasie gaan, sodat die pasaangeër reg geskuif kon word.

Luidens die hofbevel is Woolworths ten volle aanspreeklik vir dié kostes.

Skadevergoeding vir Croucamp sal egter eers tydens ‘n volgende hofgeding bepaal word.

Me. Croucamp het op die gladde vloer by die ingang van Woolworths geval.

Daar was geen waarskuwingsborde op vir die publiek nie, en die hof het bevind dat Woolworths nagelaat het om toe te sien dat daar nie teenglymaatreëls deur die winkel ingestel is nie.

Mediese verslae sal nou ingedien word vir die hof vir skadevergoeding.

Die dagvaardiging is in Februarie op Woolworths beteken, maar die kettingwinkel het versuim om me. Croucamp se saak teë te staan.

Op gronde hiervan, is die verstekvonnis deur die hof toegestaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button