News

Vernon onder top agt

Suid-Afrika het so byna nie die voorreg gehad om die blinde sangsensasie, Vernon Barnard, op The Voice in aksie te sien nie.

Die dag toe Vernon besluit het hy wil inskryf, het sy familie, soos altyd in die verlede hom honderd persent ondersteun.

Daar was twee maniere om in te skryf, jy kon óf drie liedjies aanlyn instuur óf jy kon in die bloedige son gaan staan en wag.

Vernon se pa, Vernon (snr) sê hy het dadelik probeer om die liedjies in te stuur, maar dit wou glad nie deurgaan nie. “Ek het by myself gedink, as ek só sukkel as die internet nie eers wil werk nie, dan weet ek nie of ons moet aangaan nie.”

Sy twyfel is egter dadelik in die kiem gesmoor, toe Vernon vir hom sê: “pa, al staan ek heeldag in die son, ek wil daar wees.” Daar was egter nóg ’n probleempie, die oudisies in die Kaap en Durban was reeds verby en hulle moes vanaf die Kaap na Johannesburg pendel!

Mnr. Barnard onthou hoe hulle die aand nog by familie in Nigel oorgeslaap het.

Hulle was al 07:00 daar en gereed vir aksie, mét ’n sambreel vir die son. Min het hulle geweet hoé lank hulle werklik gaan wag. Vernon is eers 16:30 in! En soos almal weet, is die res geskiedenis!

Hul stres- en emosionele vlakke het behoorlik wipplank gery, want hulle sou baie bly gewees het as hy net die top 32 kon haal, maar toe gaan hy deur  tot die top 16 en uiteindelik die top agt.

Die opwinding was nog duidelik in mnr. Barnard se stem hoorbaar Maandagoggend na die vorige aand se uitsending.

“In alles sien ons die Here se hand en is ons dankbaar dat Vernon só ver gegaan het.”

Hy sê hul Facebookblad gons en daar is vele verhale van mense wat gesê het “dat Vernon hul lewens verander het en dat hy vir hulle ’n inspirasie is.

“Ons is steeds verstom oor hoe die mense dit ervaar het. Sy nederigheid het almal aangeraak. Ek het kort-kort trane in my oë as ek dink aan alles. Die Here se uitkoms is groter as wat ons kan begryp. Daar is groot dinge aan die gebeur.”

Een hiervan is byvoorbeeld dat die liedjie, The Story of my Life, wat Vernon gesing het toe Bobby van Jaarsveld met trane in sy oë vir hom gesmeek het om in sy span te wees, al 6.2 miljoen ‘views’ op Youtube gekry het. Volgens mnr. Barnard is hy meegedeel dat dit ’n Suid-Afrikaanse Youtube rekord is!

Oor Vernon se toekoms is hulle nog bietjie geheimsinnig. Mnr. Barnard sê hulle kan vir die volgende “drie weke nie veel sê nie”, aangesien Vernon nog kontraktueel verbind is met Universal Studios.

“Vernon gaan egter sy droom om te sing, volg. Dit is ’n uitgemaakte saak.”

En glo Vernon sal voortbou op die drie dinge wat hy nog altyd vir sy kinders geleer het:

• Werk hard.

• Bly met jou voete op die grond – bly nederig.

• Leer uit kritiek. Dit is deel van karakterbou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button