Restaurant maak toe – Hobo’s wink by Midwater
Talle inwoners wou oor die naweek weet: "Waar is die restaurant heen?"
Amazons Restaurant het na 16 jaar amptelik sy deure gesluit. Dit beteken egter nie dat partytjiegangers nou doelloos op ‘n Vrydagaand gaan ronddwaal nie, die kroeg bly oop en spog boonop binnekort met ‘n groter dansbaan.
Daar sal steeds etes aangebied word, wat op die stoep geniet kan word. Diegene wat staat maak op Amazons se wegneemetes hoef ook nie bekommerd te wees nie, Amazons Take Aways sal steeds oop bly en aflewerings doen.
Die sushi kroeg is tot einde Mei nog beskikbaar, waarna dit ook sal sluit. Buffetetes op Sondae is iets van die verlede. Die gedeelte waar die restaurant was, sal waarskynlik in kleiner winkeltjies opgedeel word.
Die Erasmus egpaar, Nick en Rozelle, spits hulle nou op ‘n nuwe droom toe. Hulle het besluit om die restaurant by Amazons te sluit en ‘n nuwe restaurant by Midwater oop te maak, omdat die sentrum beter geleë is vir hul teikenmark.
Lees ander stories hier:
Hobo’s Cafe sal in die eerste week in Junie sy deure in die Midwater sentrum open. Die nuwe restaurant beloof om ‘iets anders’ aan kliënte te bied sê mev. Erasmus. Die sushi kroeg sal ook vanaf Junie by die nuwe restaurant beskikbaar wees.
Send a message to our SMS line with the word Talk to 33658 (SMS cost R1,50) or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
