NewsUpdate

Opvolg: Nie net een gifbende

Daar is duidelik nie net een gifbende in die omgewing betrokke nie, want net drie dae nadat vier verdagtes vasgetrek is, is 'n skoothondjie vergiftig.

Die polisie het Vrydag in die vroeë oggendure vier verdagtes na ‘n jaagtog vasgetrek met gif en inbraaktoerusting in hul besit.

Maandagmiddag het die Snyman gesin hul skoothondjie, Sokkies, dood by hul huis in Korhaanstraat (Kanonkop) gekry. Dit volg net etlike dae nadat hul rifrug, Rocky, vergiftig en die palissade hek van die spoor afgetel is.

• Dieselfde nag is nog twee ander honde in dieselfde straat vergiftig. Om die hoek van Korhaan-, in Broodboomstraat, het mnr. Eric Cason omstreeks 03:00 daardie nag wakker geword van sy honde se geblaf en gesien hoe die booswig iets oor die heining gooi.

Hy het gekeer dat sy honde daaraan vreet en later die gif, Temik, opgetel waar die booswig dit gegooi het.

’n Onlangse foto van mnr. Thys Snyman en sy hondjie Sokkies.
’n Onlangse foto van mnr. Thys Snyman en sy hondjie Sokkies.

Lees vorige stories hier:

Opvolg: Honde weer afgemaai met gif

Temik – begin van misdaadsirkel

Temik – strooiers slaan weer toe in Pleinstraat

Honde met temik vergiftig

48 Dogs, One cat killed in 28 Days

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button