News

Neelmar Eiendomme gelikwideer

'n Woonstel eienaar in Gholfsig vrees dat 'n bekende eiendomsagent met die woonstelblok beheerliggaam se geld weg is.

“Waar is Neels Boshoff? Ons kry hom nie in die hande nie,” wou Johan Nel, een van die woonstel eienaars by Malin Woonstelle in Gholfsig, by die Middelburg Observer weet.

Mnr. Nel sê mislukte pogings om mnr. Boshoff, die eienaar van Neelmar Eiendomme, op te spoor hom genoop het om die koerant te nader vir hulp.

“Sy foon is af, en sy kantoor is toe. Ons wil weet waar ons beheerliggaam se geld is,” sê mnr. Nel.

Hy sê dat daar bykans R100 000 in hul woonstelblok se spaarrekening was waarop mnr. Boshoff tekenreg gehad het omdat hy die woonstelblok namens hulle bestuur het.

“Die opsigter by die woonstelle het net gebel en gesê dat daar fout is en dat sy nie vir Neels in die hande kry nie. Ons is nou in die donker, ons weet nie waar ons staan nie.”

Hy vrees dat assuransie en munisipale heffings agterstallig kan wees.

“Dis ‘n gemors. Ons sal die boeke moet laat oudit om te kyk wat aangaan en of daar êrens geld uitstaande is. Die bottom line is, hy het tekenreg op die rekening gehad, maar nie eienaarskap van die geld wat daar in is nie. Ek wil weet waar daai geld is en ek raak ongemaklik omdat ek sukkel om uit te vind,” sê mnr. Nel.

Mnr. Boshoff is deur middel van sy vrou Rita se telefoon in die hande gekry. Hy wou nie met die Middelburg Observer praat nie en het alle navrae na Chris Coetzee, van Stroh en Coetzee Ingelyf, verwys.

Mnr. Coetzee het gesê dat hy instruksies ontvang het om Neelmar Eiendomme Beperk te likwideer. Hy het ‘n dringende aansoek voor die hof gebring en hoop om teen volgende week ‘n likwidateur aan te stel. Mnr. Boshoff se eiendom, van waar hy sy besigheid bedryf het en ook na bewering bly, is egter in ‘n ander trust en is nie tans in gedrang nie.

Mnr. Boshoff het twee bosveld erwe, asook aandele beskikbaar gestel om gelikwideer te word.

Nagenoeg 21 beheerliggame is deur mnr. Boshoff bedryf. Meeste van die eiendomme se lêers is aan die onderskeie beheerliggame terug oorhandig.

Mnr. Coetzee en onder meer Absa bank is twee van die eisers in die likwidasie saak.

Oor beweerde ongerymdhede met die beheerliggame se rekeninge, wou mnr. Coetzee hom nie uitlaat nie.

“Ek is net die prokureur, nie die boekhouer nie. Wat ek wel kan sê is dat daar ‘n likwidateur aangestel gaan word en dat hy of sy ongerymdhede sal ondersoek indien dit na vore kom dat daar wel iets verkeerd is.”

Mnr. Coetzee sê Neelmar Eiendomme was nie by die Eiendomsraad geregistreer nie en het nie oor ‘n trustrekening beskik nie.

“Ek wil nie met ‘n likwidateur werk nie. Hulle kos net geld. Ek wil net weet waar ons body corporate se geld is. Dis al. As al die geld tot op datum betaal is en die geld wat in die rekening was êrens opgespoor word, dan is daar nie probleme nie,” sê mnr. Nel.

Hy sê dat dit tans onduidelik is wie hul woonstelblok bestuur en waar hy die maandelikse heffing moet betaal.

Die eienaar van ‘n ander woonstel in ‘n woonstelblok in die middedorp sê dat hulle opsigter hulle ingelig het dat hulle voortaan hul heffings in ‘n nuwe rekening moet inbetaal en dat daar R70 000 uit die rekening wat deur Neelmar bedryf is, vermis word.

Die opsigter kon nie in die hande gekry word nie.

Lees ander stories hier:

Opvolg: ‘Skelm Naas’ en sy stories

Naas nou in eMalahleni

Weer Naas van die plaas

Natie kom kuier by koerant

‘Ek het niks gesteel – was in nood’

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button