News
Twee vas oor geveg by Dros
Twee tiener seuns is gearresteer en aangekla vir opsetlike saakbeskadiging na 'n geveg by Dros in Walter Sisulustraat Sondagaand.
Willie Labuschagne (19) van die eMalahleni en Johannes Victor Bekers (18) van Jeppestraat in Middelburg, word daarvan beskuldig dat hulle aan die baklei gegaan het by Dros en in die proses glase, stoele en ‘n deur by die restaurant beskadig het.
In die parkeerarea het hulle ook glo die motor van Marene van den Ede beskadig.
Beide mans in op borg van R500 vrygelaat en moet weer op 24 Junie in die hof wees.
Lees ander stories hier:
Naidoo family will fight eviction
CPF and Police fighting crime together
Photographers ‘fight’ over clients
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
