NewsUpdate

Opvolg: Special Assignment kom ondersoek

'n Span van Special Assignment gaan die probleme by die Middelburg Hospitaal ondersoek.

Hulle sal Woensdag 15 Junie hier wees wanneer ‘n groep mense om 08:30 by die hospitaal bymekaar kom, om ‘n memorandum aan die hoof uitvoerende beampte, mnr. Pat Mazibuko, te oorhandig.

Me. Tess Riekert (Mpumalanga Vroueliga leier, NKP) het gesê dat daar in die memorandum onder andere gevra sal word dat die omstandighede rondom me. Bets Claassen se dood ondersoek moet word

. Hulle vra verder dat daar na die algemene pasiëntsorg by dié hospitaal gekyk moet word.

Mnr. Sankus Smit (me. Claassen se seun) sal tydens die geleentheid ‘n paar woorde sê.

Lees vorige stories hier:

Opvolg: Menseregtekommisie gryp in

Horror ordeal at Hospital – ‘They tied me to the bed’

Bedsere weens pasiëntsorg

Opvolg: Verslag wys skokkende wonde

Opvolg: Bets – die statige ouma skou

Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good’

Vrou se bedsere vrot

Vrou deurtrek van bedsere

Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.

Die groep sal vandaar aansluit by die Age in Action optog vanaf Pick ‘n Pay na die Middelburg Landdroshof, waar die groep ‘n memorandum aan ‘n advokaat sal oorhandig.

• Me. Riekert het gevra dat families en voormalige pasiënte wat die probleme by die Middelburg Hospitaal wil aanspreek ook deel van die aksie sal uitmaak.

Briewe: Die waarheid bly die waarheid

Vir navae, bel haar of stuur ‘n sms of WhatsApp na 072 525 2820 of ‘n e-pos na tessriekert@gmail.com.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button