News

HTS 1976 matrieks hou reünie

Die HTS Middelburg matrieks van 1976 hou op 29 Oktober reünie.

Dit sal hierdie jaar die eerste keer sedert 1976 wees dat dié groep bymekaarkom en daar heers groot opgewondenheid onder dié wat kontak het.

Volgens Willem Potgieter, een van die organiseerders, het “’n taakspan byeengekom sodat hierdie uitsonderlike geleentheid beplan kon word.”

Die reünie word gehou by HTS Middelburg in die vorm van ’n hele dag se lekker saamkuier met ’n ete die aand.

Daar word gesoek na alle 1976 matrieks en onderwysers wat verbonde was aan HTS.

Van die onderwysers wat hulle onder andere onthou, is: mnre. Piet Miller, Flip Grobbelaar, Piet Olivier, Manie du Preez,

Frans Prinsloo, Kobus Coetzee, Peet Steyn, Hardus Engelbrecht, Christo Viljoen en Kobus Lourens. Onderwyseresse wat hulle so vinnig kon onthou is mee. Toppie Stoffberg, Rose-Marie Merboldt en Rina Bezuidenhout.

Hulle vra dat alle onderwysers en leerlinge van daardie jaar die volgende organiseerders moet kontak: Jan Botes by 082 976 5127 of janj.botes@gmail.com, Willem Potgieter by 072-246 3159 of willem.potgieter@samancorcr.com en Jaap Meyer by 082 892 4977 of langjaapmeyer@gmail.com.

Back to top button