Dit sal hierdie jaar die eerste keer sedert 1976 wees dat dié groep bymekaarkom en daar heers groot opgewondenheid onder dié wat kontak het.
Volgens Willem Potgieter, een van die organiseerders, het “’n taakspan byeengekom sodat hierdie uitsonderlike geleentheid beplan kon word.”
Die reünie word gehou by HTS Middelburg in die vorm van ’n hele dag se lekker saamkuier met ’n ete die aand.
Daar word gesoek na alle 1976 matrieks en onderwysers wat verbonde was aan HTS.
Van die onderwysers wat hulle onder andere onthou, is: mnre. Piet Miller, Flip Grobbelaar, Piet Olivier, Manie du Preez,
Frans Prinsloo, Kobus Coetzee, Peet Steyn, Hardus Engelbrecht, Christo Viljoen en Kobus Lourens. Onderwyseresse wat hulle so vinnig kon onthou is mee. Toppie Stoffberg, Rose-Marie Merboldt en Rina Bezuidenhout.
Hulle vra dat alle onderwysers en leerlinge van daardie jaar die volgende organiseerders moet kontak: Jan Botes by 082 976 5127 of janj.botes@gmail.com, Willem Potgieter by 072-246 3159 of willem.potgieter@samancorcr.com en Jaap Meyer by 082 892 4977 of langjaapmeyer@gmail.com.
’n Paar van die HTS Middelburg 1976-matriekgroep wat al opgespoor is vir die reünie. Kyk net hoe lyk hulle na 40 jaar! Voor: Barry Wessels, Jan Botes, Bertus Jacobs, Fanie Combrink. Middel: Johan Uys, Frans de Wet, Hennie Shepherd, Frans Prinsloo. Agter: Maarten Maré, Willem Potgieter, Jaap Meyer en Willem Wood.
As jy dalk kontak het met enige van die persone wat in dié HTS matriekklas was in 1976, maak seker hulle bel die organiseerders om saam reünie te hou.
Die standerd 10B-groep uit daardie jaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.