News

Pink Trees en Hospice vat hande

Die Pink Trees organisasie en die Middelburg Hospicevereniging het hande gevat in die stryd teen kanker.

Henry Ford het gesê: “Coming together is a beginning. Keeping together is progress. Working together is success.”

Die nasionale Pink Trees for Pauline liefdadigheidsorganisasie het in 2014 ’n tak in Middelburg begin onder leiding van bekende besigheidsvrou, Jacolien de Kock.

Sy het geroepe gevoel om ’n verskil te maak in plaaslike kankerpasiënte se lewens. In die twee jaar wat Pink Trees Middelburg kankerpasiënte bedien, het die Pink Trees-komitee van vyf vroue, `n verskil gemaak in meer as 25 kankervegters se lewens.

Pink Trees het in die eerste jaar fondse ingesamel deur Middelburg se bome toe te draai in pienk.

“Om ’n gemeenskap so te sien saamstaan het deur soveel bome toe te draai, was ’n hoendervleis oomblik,” sê me. De Kock.

Met die fondse het Pink Trees vir kankerlyers wat behoeftig is, gehelp met betaling van medikasie, om mediese toerusting te huur soos suurstoftenks, brandstof te voorsien om behandeling te kan kry by ’n staatshospitaal in die stad en te help met akkommodasie vir wanneer behandeling oor ’n lang tydperk geskiedt. Kostoelaes word ook verskaf, sodat kankerlyers die beste moontlike voeding inkry gedurende behandeling en herstel.

Pink Trees en sr. Judy Toüa van Hospice het gou begin hande vat om saam te werk om Middelburg se kankerpasiënte op elke vlak te versorg en by te staan.

So gaan Hospice en Pink Trees ook weer saam werk op 20 Augustus, by die jaarlikse Treinwedloop.

Hierdie sal ’n Pink Trees/Hospice fondsinsameling projek wees en ’n kosstalletjie, gepaslik genaamd die “Pienk Padstal”, sal die gewone heerlike Hospice pannekoeke verkoop.

“Daar gaan ook ’n groot verskeidenheid van soethappies, koeke en lekkernye wees vir die drawwers en ondersteuners,” voeg me. De Kock by.

Gaan geniet die dag saam Saterdag by Kees Taljaard stadion en ondersteun die twee organisasies.

16gg18-1

Die Pink Trees for Pauline organisasie en Hospice beman Saterdag saam die “Pienk Padstal” by die jaarlikse treinwedloop. Sr. Judy Toüa (Hospice), Leigh Brandmuller, Tessa Fourie, Janet du Preez (Pink Trees) en sr. Corné Adendorff (Hospice). Nie op foto: Jacolien de Kock en Rabia Latib (Pink Trees).

Lees ander stories:

Linte van bome gesteel

Lapstelers gesien

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button