News
Video: Aksiebelaaide program in nuwe Italiaanse Mclaren sirkustent
Die sirkus is hier! Van Sweefartiste tot die Braziliaanse nar Prakito, daar’s iets vir almal op die Mclaren sirkus spyskaart.
Dis weereens tyd vir lekker gesinsvermaak by die Burgersentrum waar die tent Woensdag vroegdag opgeslaan is, en die leeus en poedels en ander sirkusdiere ingekarwy is.
Daar is verskeie vertonings: Woensdag om 19:30 en Donderdag om 19:30.
Vrydag en Saterdag sal daar twee vertonings wees, die eerste om 15:00 en die aandvertonings om 19:30.
Sondag sal daar net een vertoning om 15:00 aangebied word.
Kaartjies wissel van R90 tot R140.
Besprekings kan gemaak word by 082 747 5726.
Jy kan 1 van 10 dubbel kaartjies wen SMS die woorde McLaren Circus na 33658 SMS kos R1,50 (Gratis SMS geld nie) en jy mag dalk wen!
Kompetisie sluit 25 Augustues om 12:00
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
