Video: Vernon stel debuutliedjie bekend!
Ons eie sanger, Vernon Barnard, het pas sy debuutliedjie, I Like It That Way, met ’n musiekvideo uitgereik.

Die musiekvideo is in Pretoria geskiet en dit wys Vernon en sy twee vriende wat ’n uitsaaitoring “kaap” en die liedjie vir die res van die wêreld uitsaai.
Vernon en sy ouers het ’n geruime tyd op Middelburg gebly, waarna hulle na die Kaapprovinsie verhuis het. Hy het vele kere opgetree by plaaslike funksies en het selfs twee jaar gelede die joernaliste op hul voete gehad tydens die jaarlikse No Guts No Glory Seminaar by Olifants River Lodge.
Tydens sy oudisie vir The Voice SA het hy die sanger en beoordelaar, Bobby van Jaarsveld in trane gehad met die vertolking van die One Direction liedjie, “Story of My Life.”
Hierdie liedjie is al meer as agt miljoen keer wêreldwyd op YouTube gekyk en selfs die Hollywood-akteur, Ashton Kutcher, het dit aanlyn gedeel!
