News

Varkgriep is in die lug

Die H1N1-virus, oftewel varkgriep, trek vanjaar ’n paar mense plat.

Varkgriep word, soos gewone griep, versprei wanneer geïnfekteerde persone fyn druppels van die virus in die lug sproei wanneer hulle hoes of nies.

Wanneer jy dan kontak maak met hierdie druppels of ’n oppervlak aanraak waar die druppels geval het of aan iets vat waaraan die geïnfekteerde persoon onlangs gevat het, kan jy moontlik die virus optel.

Varkgriep se simptome is soortgelyk aan gewone griep en sluit die volgende in:

Hoes

Koors

Seerkeel

Loopneus of toeneus

Lyfseer

Hoofpyn

Kouekoors

Moegheid

Die beste manier om vark- en gewone griep vry te spring, is om jaarliks ’n griepinspuiting te kry. Jy kan dit ook probeer voorkom deur ’n sneesdoekie te gebruik wanneer jy nies of jou neus snuit, jou hande gereeld was en voldoende ventilasie verseker.

Ten spyte van die naam, kan jy nie varkgriep kry wanneer jy spek, ham of enige varkproduk eet nie.

Bron: www.webmd.com

Read other stories here:

National News – Drug bust in Snake Road

Mosambieker met gif in dammetjie gevang

Wanted: Hit and run fortuner

Bill Clinton in court

Thousands of fish killed at Eikeboom Pan

Ten arrested for illegal fishing

Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months

Update: Police finally make arrest after latest discovery

New born baby found dead

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button