News

Grondgryp op Middelburg – mense meet vir hulself erwe uit

Eers was daar een, toe twee, toe drie, en nou groei ’n nuwe informele nedersetting met rasse skrede sowat vyf kilometer vanaf die Aerorand woonbuurt op Middelburg.

Huise skiet soos paddastoele op en waar daar net ’n plakkershuis of twee was teen Donderdag is daar skielik verskeie baksteenstrukture gebou.

Die onwettige huise word opgerig neffens die Uitkyk plakkerskamp waar duisende mense reeds woon.

Verskeie voertuie het twee weke gelede by die stuk grond opgedaag en vir hulself erwe uitgemeet – ’n dag later het hulle begin huise bou.

Die enigste probleem is dat die grond nie geskik is vir behuising nie maar gesoneer is vir mynbou.

Inwoners is egter bekommerd dat wat hulle beskou as “grondgryp” nie gaan ophou nie, en dat die waarde van hulle eiendom drasties sal daal, soos die plakkerskamp uitbrei.

Die grond behoort aan Black Wattle Colliery en direkteur, mnr. Robert Grobler, sê dat hulle nog mynregte het op die grond.

Intussen probeer die Steve Tshwete Munisipaliteit oplossings vind vir die probleme en hoe om van die onwettige inwoners ontslae te raak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button