News

Hlongwane saak sleep voort

Een van die beskuldigdes wat verbind word met 'n plaasaanval en verkragting op die Bloempoortpad, het weer in die hof verskyn, waarna die saak uitgestel is na 24 November.

Khazamwa Amon Hlongwane (37) is in hegtenis geneem na ‘n egpaar op hulle plaas deur sewe rowers oorval, aangerand en hulle dogter verkrag is.

Twee verdagtes, wat in landerye op die plaas geskuil het, is op die toneel in hegtenis geneem.

Samandla Makarapa.
Samandla Makarapa.

Dié twee verdagtes, Hlongwane en Simon Chauke (23), het op 22 Februarie vir die eerste keer in die hof verskyn op klagtes van roof met verswarende omstandighede en poging tot moord.

Chauke het egter op 8 Maart saam met nog twee verdagtes, Vincent Marutha (22) en Samandla Makarapa (22), uit polisieaanhouding ontsnap. Die trio is steeds op vrye voet.

D_IMG-20160309-WA003_34408 (LL ZN)

• Weens die afwesigheid van Chauke in die hof is ‘n lasbrief vir sy arrestasie gemagtig.

• Hlongwane se saak is uitgestel na 24 November vir ‘n beslissings vanaf die senior staatsaanklaer.

Lees ander nuus hier:

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button