Supermaandag
Die supermaan op Maandag, 14 November 2016 sal die naaste volmaan aan die aarde wees sedert 26 Januarie 1948.
’n Supermaan vind plaas wanneer dit volmaan of nuwe maan is, terwyl die maan die naaste aan die aarde is.
Maandag sal die supermaan die naaste aan die aarde wees in 68 jaar en die volgende keer wat die volmaan selfs nóg nader sal wees, is eers weer op 25 November 2034.
Die gemiddelde afstand tussen die aarde en die maan is 384,400 kilometer, maar hierdie supermaan sal net 356 509 km van die aarde af wees.
Kenners sê dat die maan ongelukkig nie so indrukwekkend in Suid-Afrika sal lyk nie en sal meer soos ’n groot kollig in die hemel wees.
Volgens ScienceAlert, sal die maan op sy grootste wees om 15:32 die middag hier by ons.
Bronne: www.timeanddate.com, www.timeslive.co.za en www.sciencealert.com.
