NewsUpdate

Opvolg: Gewilde oud polisieman se begrafnis Maandag

Die begrafnisdiens van die bekende oud polisieman wat Sondag aan ’n hartaanval oorlede is, Michael (Pottie) Potgieter (40), vind Maandag om 11:00 uit die APKerk in Sipresstraat op Middelburg plaas.

Potgieter was ’n gewilde inwoner wat voor geveg het in die bekamping van misdaad op die dorp.

Hy het vir Hoërskool Knaonkop se eerste rugbyspan uitgedraf en was daarna vir jare ’n gewilde lid van die Middelburg Ougatte rugbyspan.

Hy het sy familie en vriende die naweek weggeneem na ’n oord om sy veertigste verjaardag te vier, wat verlede Donderdag was.

Hy is Maandagoggend deur familielede dood in sy huis gekry met ’n ete waarmee hy besig was, nog langs hom.

Daar is bevestig dat hy aan ’n massiewe hartaanval beswyk het.

Lees ander nuus hier:

Coffin video leads to criminal charges

Dam styg en styg!

Ons Pottie…

Post Office shuts down at Mall

Baba by vulstasie gebore

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button