News

Begrafnis moet wag….. Staat wil eers DNA-toetse doen

Die vrou en ongebore baba wat Woensdag in 'n gru-ongeluk op die ou Witbankpad gesterf het kan nie begrawe word nie, omdat die staat eers deur middel van DNA-toetse wil bewys dat dit wel sy was wat in die ongeluk gesterf het.

Die trauma en hartseer kan duidelik in mnr. Willem van der Berg se stem gehoor word wanneer hy praat oor waarom hy nie met begrafnisreëlings kan begin vir sy vrou, Candice, nie.

Me. Van der Berg, wat vier maande swanger was, het kort voor 17:00 in ‘n ongeluk op die ou Middelburg/eMalahleni pad verkool.

Sy was vanaf haar werk in eMalahleni na haar huis op Presidentsrus op pad, toe die ongeluk gebeur het.
‘n Trok se wiel het gebars, waarop dit twee voertuie getref en in ‘n 10 meter diep sloot ingestoot het. Me. Van der

Berg se voertuig, ‘n Rav, het aan die brand geslaan. Die insittende in die ander voertuig, wat teen die afdraende afgestoot is, het Sondag aan haar beserings beswyk.

Mnr. Van der Berg sê hy het Woensdag by die toneel verby gery, maar dat die verkeersdepartement nie vir hom wou sê watter voertuie in die ongeluk betrokke was nie.

Hy is huis toe, by Presidentsrus, met die hoop dat sy vrou tuis sou wees, maar sy was nie daar nie en hy is terug dorp toe om saam met sy tweelingbroer, Diek, terug te keer na die ongeluk.

Diek het uitgeklim en Willem het in die voertuig gewag. “Ek het ‘n Rav soos hare sien verbyry en vir ‘n oomblik bly geword. Maar Diek het teruggekom en bevestig dat dit Candice se kar is.”

Die hartseer en trauma het nie daar gestop nie.

“Diek het Candice gaan uitken, maar die patoloog dring aan daarop dat sy deur middel van DNA uitgeken moet word!”

Me. Van der Berg se pa, Gavin Smith, is gevra vir DNA monsters.

“Toe my skoonpa daar kom, het hulle ‘n verkragtingtoestel gehad en die polisie moes eers terug ry om die regte DNA toestel te kry!”

Mnr, Van der Berg sê die polisielid het hulle ook Vrydag meegedeel dat hy nie dadelik gaan deurry Pretoria toe met die DNA monsters wat geneem is nie, maar eers Maandag.

“Ons het géén idee wanneer ons met begrafnisreëlings kan begin nie. Ons kan nie berusting vind en die gebeure afsluit nie. Ons moet nou vir hulle wag. Dit is Candice wat dood is! Dis haar kar, sy was van die werk af op pad huis toe. Wat meer wil hulle hê?”

Lees ander nuus hier:

(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects

Media sak toe op Middelburg

Video: Protesting begins

(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest

Update: Three major political parties to protest during coffin case

Update: Juju on his way to Middelburg

Update: Prepare for chaos

Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button