Sanger getuig oor huisbraak, wapen teen baba se kop
Die bekende Gospelgroep, Duis: Lig het Sondag die harte aangegryp met hul vertoning by Corpus Christi se oggenddiens, waartydens die sanger, Hennie Maritz, ook getuig het van 'n aanval op sy 10-maande oue baba, en haar oppasser 'by sy huis, 'n maand gelede.
Die babadogter was alleen saam met die oppasser tuis toe die vier gewapende mans toeslaan.
Die huis is feitlik leeg gedra, en ten spyte daarvan dat die wapen na die kind gemik is, was beide sy en haar oppasser ongeskonde.
Haar driejarige boetie was by ‘n kleuterskool en het die insident vrygespring.
‘n Week nadat die dogtertjie en haar oppasser aangeval is, was daar ook twee huisbrake waar inwoners vermoor is.
“God se hand was verseker oor my dogter en haar oppasser,” het Hennie Maandag na sy getuienis aan www.mobserver.co.za vertel.
Hy sê dat hy uiters dankbaar is teenoor God, wat ‘n hand van beskerming oor sy kind gehou het.
Lees ander nuus hier:
Protest over land erupt in Mhluzi
Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang
Video: Gemeenskap groet Pottie
Copper thieves busted in Kriel
(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects
(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
