Video: Baie water is op pad
Baie water is op pad na die Middelburgdam. Boere in die Hendrina omgewing sê die Klein Olifantsrivier, wat die dam voed, loop sterk en dat die water binne die volgende dag of wat op Middelburg verwag kan word.

Die Middelburgdamvlak was vanoggend bo 40% nadat daar oral in die omgewing goeie reën geval het.
Die vlak staan tans op 40.32%!
Ons dam het die afgelope twee weke van 32.2% geleidelik gestyg nadat dit geweldig op plase in die omgewing, en ook hoër op in die rivier gereën het.
Dit het Dinsdagaand twee millimeter op Hendrina, die dam se opvanggebied, gereën en gisteraand 32mm. Mense wat vanoggend in die Pullenshope area gery het, sê dit moes beslis méér gereën het in die omgewing tussen Hendrina en Pullenshope, aangesien damme water langs die pad gevorm het.
• Op Belfast het die Skilferlaagtespruit amper sy walle oorstroom by Bospoort (Wes van Belfast). Mnr. Frik du Toit het genoem dat dit net 34 mm my hom gereën het.
Net ’n entjie hoër op by mnr. Neville Wilkie, het dit egter 147 mm in ’n kort bestek gereën, om die spruit in vloed te sit.
Lees ander nuus hier:
Breaking News – Plane crashes at Botshabelo
Protest over land erupt in Mhluzi
Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang
Video: Gemeenskap groet Pottie
Copper thieves busted in Kriel
(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects
(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!









